Rassie ref hom in die rooi

While reving up fans who were already stukkend because the Boks lost yet again may not be viewed as the best way to go about it, our Afrikaans Columnist Kaptein Kortbroek feels that Rassie is hardly the embarrassment some are making him out to be.

As jy mooi na daai song gaan luister wat Rassie gespeel het toe sy skorsing net verby was sal jy besef dat dit wat hy nou doen, presies dit is wat hy belowe het om te doen – so credits vir hom dat hy ten minste daad by woord voeg.

READ: Tour over for Pieter-Steph

In dieselfde song ‘Without Me’ kletsrym Eminem oftewel Slim Shady onder meer oor prozzies en dinge wat die kerk nie noodwendig laat smile nie, maar die chorus waarna Rassie beslis geluister het loop so “….this looks like a job for me, so everybody just follow me, cause we need a little controversy, cause it feel so empty without me.”

Eerlikwaar, dit het maar leeg gevoel sonder Rassie. Follow me – sekere ouens sal Rassie in die afgrond in volg want dit is uiteraard sy hoof job om hulle enigste bron van geluk in ‘n otherwise moertoe land te probeer red. Het ons regtig die controversy nodig?

Rassie is heel beslis net so woedend soos die res van ons dat sy yster Bokke nie alles en almal wat oor hul pad kom, uit die park uit speel nie. So nou vent hy bietjie op twitter. Wat sy tweet rekening egter awesome maak is dat hy net een persoon op ‘n slag volg. Aka min geraas en tyd op sy hand om aan die geraas aandag te gee.

Die ander argument is dat hy nou skielik SA Rugby in die skande steek. Stop die lorrie. Het ons al die famous Peter de Villiers quotes oor ballerinas en tutus skielik vergeet? Het ons al kamp staaldraad vergeet?

Kyk wêreld rugby se ringkoppe het daarin geslaag om Rassie vir ‘n jaar stil te hou en hoewel hierdie nuutste twitter vibes dalk borderline Trump mentaliteit is, skiem ek ook dit is hoogtyd dat iemand bietjie keel skoonmaak.

Om hom die skuld te gee dat die res van die wêreld se rugby fans Suid-Afrikaners as ‘n klomp ref-haters beskou is beslis nie regverdig nie. Ons het daardie rooikaart al jare gelede verdien.

Rassie is rugby en rugby is passie en maak nie regtig saak wie wat sê of tweet nie, die feit bly staan dat die Bokke weer verloor het en al tweet Rassie nog 63 balle wat uit die losgemaal geskop word, gaan dit nie die scoreboard verander nie.

Eminem se song begin met die woorde “two trailer park girls go round the outside, round the outside, round the outside.”

Dalk is dit tyd dat ons weer bietjie outside the box begin dink? Of miskien is ons rugby kultuur oor die algemeen maar net suur.

Photo: Sydney Mahlangu/BackpagePix

Powered by…