Elton’s World Cup dream dashed by scandal?

This latest scandal involving the Springbok dietician Zeenat Simjee has ended Elton Jantjies’ dream of winning back-to-back World Cups, or has it? KAPTEIN KORTBROEK looks at the possibilities.

Die memes, mense! Die memes hou eenvoudig nie op nie! Die een waar Frans Malherbe tune, “Ek het nie eens geweet ons het ‘n dietitian nie” het my amper gebreek.

So, sit ek nou en wonder wat hulle in die Lions losskakels se pap gooi daar in Joburg. Ek sien al klaar in my geestesoog hoe Elton en sy voorganger, Earl Rose, ‘n baddass hip-hop band begin.

Iets soos ‘Buns and Roses’ – hulle sal oral behalwe by Stellenbosch Gholfklub mag speel.

Terug na die senasie van die week.

Ten spyte van sy Jonny Wilkinson-aanloop tot ‘n doelskop, was Elton se een groot droom om die Springbok-weergawe van Dan Carter te word.

Dit was om dié rede dat hy onder sy spanmaats ‘n reputasie as die ‘ultimate professional’ opgebou het. Dit was sy groot droom en weens verskeie redes sou hy dit nooit bereik nie.

Die droom om ‘n tweede Wêreldbeker saam met die Bokke te wen was egter baie meer realisties vir ‘n speler wat amper 50 Toetse agter die blad het. Hy mag homself dalk net in die klokke skop as die een nie gebeur nie.

So van drome gepraat, Dok Craven se eerste toer na Nieu-Seeland in die laat 1930s het om verskeie redes vir hom uitgestaan.

Die eer om sy land te verteenwoordig was natuurlik bo-aan die lys, soveel so dat hy die aand voor die wedstryd drie wet dreams gehad het.

Altans, so beweer Greyvenstein en Clayton in hul boek ‘Craven Tapes: Doc Tells All’. Die skrywers het kort voor sy afsterwe ‘n in-diepte onderhoud met Dok gevoer waarin hy verskeie omstrede aspekte van die sport waarvoor hy so lief was aangespreek het.

Hy vertel ook in die boek hoe die Broederbond hom as afrigter probeer dwing het om sekere spelers te kies (ja, druk van die regering in sport kom al ‘n lang pad) en dat die viriliteit van jong manne beslis ‘n aanwins in die hitte van die stryd was.

Kenners meen dat hierdie opnames wat deur Greyvenstein en Claytonkgemaak is nie waar is nie en dat Doc op sy oudag nie meer so mooi kon dink nie. Daar is klomp next-level dinge in die boek wat ons vir ‘n ander dag sal los …

Skielik dink ek ook aan Herchelle Gibbs en al sy streke. Die bra het beswaarlik sy meeste runs gescore as hy bietjie gepaartie het en voor die kolfbeurt mooi loop skoongemaak het.

Onthou Herchelle se boek, ‘To The Point’, is deur 74 ringkoppe met vet grade geproeflees voordat dit drukkers toe is. Dit wat ons gelees het was die Castle Free-weergawe.

Terug na ons man wat so ‘n Bok vir sport is.

Terwyl daar nog nie duidelikheid oor Elton se Mbombela-dieëtplan is nie, moet ek ongelukkig diegene wat sy skorsing verwelkom net waarsku dat die Springbokke moontlik dieselfde roete as die All Blacks gaan volg deur hom net met een of twee wedstryde te straf.

Destyds toe Aaron Smith en sy skelmpie in ‘n Christchurch-toilet vir gestremdes betrap is, het hy na die tyd ‘n paar trane gepik, gesê dat hy jammer is en dit was tjoef-tjaf broekies af en hy het weer sy land verteenwoordig.

Dit is nou nie asof Elton op die job gevang is nie. Daar was nie ‘n hidden camera in ‘n handsak in ‘n hoek iewers nie. Die gekreun en gesteun wat die ander gaste in daardie Nelspruit-gastehuis gehoor het kon dalk net ‘n kief movie op e-TV gewees het.

Ondersteuners vergewe mos manne met gaatjies in hul sokkies, of hoe?

Dan weet ons ook Rassie dit like om mind games te speel, so die kanse is ook goed dat Elton teruggevlieg is om te akklimatiseer vir wat moontlik die beslissende wedstryd in Durban gaan wees – nee, ek trek jou been. Ek dink Elton sal nie gou weer groen en goud sien nie.

Hy is egter nou die nuutste bad boy van SA Rugby, so check maar uit vir hom by die nightclubs.

Jy mag hom dalk daar saam met Earl en sy nuwe ses-yster kry.

Onthou ook net een ding: As elke speler in wêreldrugby se geraamtes op een dag uit die kas uit moes dônner, sou ballet ons nasionale sport gewees het. Trust me.

*Kaptein Kortbroek (@tune_jou_once ) het al een keer ‘n bekende Blou Bul-lossskakel in Dropzone met ‘n sigaret in die mond gevang. Hy het hom nie by oom Wynie gaan split nie want dit nie cool om mense te split nie. Die waarheid kom so vanself uit.