SA Rugby magazine SA Rugby magazine – Latest South African rugby news

South African rugby news, interviews, videos and more. Covering the Springboks, Bulls, Stormers, Sharks, Cheetahs and Lions, as well as schools and club rugby.

Primary Menu Search
SA Rugby magazine
  • Home
  • Springboks
  • Investec Champions Cup
  • URC
  • Videos
  • Cars
    • Cheap cars for sale
    • Used Cars For Sale
    • New Cars For Sale
    • Demo Cars For Sale
  • Deals
    • One Day Deals
    • Nationwide Deals
      • Deals in Cape Town
      • Deals in Johannesburg
      • Deals in Durban
      • Deals in Pretoria
      • Deals in Port Elizabeth
    • Accommodation Deals
    • Romantic Getaways
    • Food and Drink Deals
    • Experiences
    • Health and Wellness Deals
  • Keo & Zels Show
  • AfricaPicks
You are here: Home ∼ Rugby Champs upside: Boks no longer in a comfort zone  

Rugby Champs upside: Boks no longer in a comfort zone  

Jacques Nienaber and Rassie Erasmus Springbok coaches Jacques Nienaber and Rassie Erasmus Boks coaches
Published on September 26, 2022

From his Karoo Art Hotel balcony, our Afrikaans columnist KAPTEIN KORTBROEK reflects on the Rugby Championship and feels that a buddy-buddy situation between senior players and coaches could be a cause of their bipolar performances.

Ek het eenkeer tydens ‘n oefensessie gesien hoe Peter de Villiers sy moer behoorlik vir Bakkies strip.

Verbeel jou dit vir ‘n oomblik: ‘Snorre’ buig agteroor en met daai kenmerkende stem skree hy kliphard voor ‘n klomp mense op ‘n legende wat reeds ‘n wêreldbeker-medalje (en medaljes van pretty much alles wat ‘n man moontlik kan wen) in sy kas het.

“Bakkies, as djy nie nou jou kant bring nie jaag ek jou terug bus toe!”

Bakkies het sy kop laat sak en gesê “Sorrie, coach” – die gevolg was een van die lekkerste kopstampsessies wat die media en die handvol Tuks-studente in jare gesien het.

Dit was brutaal, maar dit was ‘n senior speler wat die nodige respek aan sy afrigter betoon het.

In my ontleding van die senior groep tydens hierdie toernooi is dit veilig om te sê dat meer as ‘n paar manne nie naasteby op standaard was nie – veral nie die agterspelers nie.

My vermoede is dat daar ‘n post-World Cup buddy-buddy situasie tussen die ouer osse en die afrigters ontstaan het. Hopelik het hierdie toernooi dit mooi aangespreek.

My hoop is natuurlik ook dat hierdie alles ‘n Rassie move was en dat die planne wat hy in die mou voer volgende jaar bekend sal raak.

Verstaan my mooi, ek vergeet nie van die puik werk wat ysters soos Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Lood de Jager (meesters in die enjinkamer) verrig het nie – dis dalk eerder net ‘n kwessie van tyd dat sekere spelers weer moes begin aandag gee aan die basics.

Tackle, paas, vang, clean. Die basics, boys, die basics!

Dit is vanselfsprekend (en ook so in die toernooi bewys) dat ‘n breier makliker respek afdwing by sy nuwe troepe aangesien hulle nog ‘n punt het om te bewys. Tydens hierdie Rugby Championship het die jong Bokke presies dit gedoen.

In retrospek, kon Nienaber dalk nog ‘n paar ander youngsters ‘n kans gegee het.

Damien Willemse, Jasper Wiese, Jaden Hendrikse, Canan Moodie en natuurlik Kurt-Lee Arendse het behoorlik gekook. Hulle klop aan die deur en as jy ‘n ouer man in die span is, behoort jy vandag te worry.

Die hele situasie plaas ook coaching in ons land in perspektief. Ek worry amper meer hieroor as Stage 11 loadshedding.

Dit is asof stats deesdae meer belangrik is. Dis amper asof tegnologie skielik die antwoord tot elke moontlike probleem is. Verloor ons afrigters voeling met die spel?

Daar is deesdae baie min coaches (op top-vlak) wat nog soos onderwysers gesag sonder die hulp van ‘n IT-geek kan afdwing. Ek praat hier van ouens soos Jake White wat op die veld kan staan en ‘n speler se nuwe kak gewoonte daar en dan kan aanspreek.

Sure, die nommertjies is belangrik en die Bokke moes met die aantal linebreaks wat hulle in hierdie toernooi gehad het aansienlik meer gescore het, maar stats vertel ook dikwels nie die waarheid nie. Glo dit of nie.

Nog so ‘n afrigter is die voormalige All Blacks man Wayne Smith. Hy het ‘n voeling vir die game wat ‘n computertjie nooit sal verstaan nie.

Hy kon, byvoorbeeld, dadelik vir die beste losskakel ooit (Dan Carter) binne ‘n paar sekondes laat weet het waar hy sy game moet aanpas. Carter het, unlike ‘n paar van die Bokke die laaste tyd, mooi geluister en die man ten volle vertrou.

Die Bokke se gameplan kort ook (ondanks drie agtereenvolgende oorwinnings) ook ‘n serious reboot. Dalk is hierdie een vir die IT-span.

“Have you tried switching it on and off again?”

Die Bok gameplan was nou al vir ‘n taamlike tyd ‘n oop boek – die Kiwi-skrywers noem dit  ‘n robotagtige stelsel en, hoewel dit baie effektief was, het ons nou gesien dat die paw-paw die fan tref as alles nie 100% in die uitvoering van hierdie plan gebeur nie.

Die Springbokke plaas ook heeltemal te veel vertroue in die skeidsregters se vermoë om die game reg te blaas en soos ons nou weer gesien het (Nic White se ontmanning) as dit nie die geval is nie, dan sukkel ons om te herstel.

Dalk sou niks hiervan ter sake gewees het as ons nie die pap tydens die Ellis Park-toets op die grond laat val het nie.

My genade, ons moes die All Blacks daar met 30 punte gestamp het.

As is egter verbrande hout en, wat Braaidag-vieringe betref, het die Bokke ten minste my en elke ou wat later gesukkel het om die game te kyk van ‘n babelas gered.

*As jy goeie Karoo-lam teen ‘n goeie prys het, is Kaptein Kortbroek is oop vir ‘n braaimance. Sy besonderhede is in die Landbou Weekblad se Hoekie vir Eensames beskikbaar. Of nie.

Posted in Columns, Kaptein Kortbroek, Rugby Championship, Springboks, Top headlines Tagged Springboks

Post by Kaptein Kortbroek

Whether you're traveling to catch a rugby game or just looking for a reliable ride, finding the right car is crucial. Here are some great deals on cheap cars across South Africa:

  • Cars for sale in South Africa
  • Cheap cars in Western Cape
  • Cheap cars in Gauteng
  • Cheap cars in KwaZulu-Natal
  • Cheap cars in Mpumalanga
  • Cheap cars in Free State
  • Cheap cars in Eastern Cape
  • Cheap cars in Limpopo
  • Cheap cars in Northern Cape
← Previous Next →

Nations Championship faces credibility check

The Nations Championship promises meaningful Tests, but could be flawed from the...

Marler’s Bakkies myth exposed

Joe Marler’s swipe at Bakkies Botha may grab attention, but it collapses...

World Rugby deserves a rebel league

Rebel rugby is coming, and for players it's the deal Test rugby...

Razor’s edgy All Blacks must get real

The All Blacks, once comfortable in their own skin, now seem to...

Dupont the greatest? Hold your GOATs!

Antoine Dupont will finish his career as one of the game's most...

Ode to World Cup final

The ball was in play for 38 minutes in the 2023 Rugby...

Please Boks, never change

The world champion Springboks have to evolve their personnel, but not their...

Mr. Rugby on the Modern Game

Thanks to the wonders of artificial intelligence, we can now go beyond...

Rassie ref hom in die rooi

Rassie Erasmus is hardly the embarrassment that some are making him out...

Boks need to make mentality adjustment

The Springboks need to lose their underdog mentality, writes SIMNIKIWE XABANISA in...

Kolbe’s worth every penny

Cheslin Kolbe’s big-money move to Toulon should be welcomed as a massive...

Top six: Best and worst foreign imports

SARugbymag.co.za identifies six of the best and worst foreign players to play...

VIEW MORE
  • LIVE: Italy vs England
  • LIVE: Scotland vs France
  • LIVE: Ireland vs Wales
  • LIVE: Bulls vs Sharks
    Oscar Jegou eye-gouge
  • Watch: Frenchman under fire for ‘eye-gouge’

  • Contact us
  • Terms and conditions
  • Privacy Policy
  • Competitions
  • Videos
  • Player Features
  • Joburg Etc
  • African Insider News
  • Rugby Championship
  • Super Rugby
  • Currie Cup
  • Varsity Cup
  • Gold Cup
  • Schools
  • Schools
  • SA Cup
  • Six Nations
  • Champions Cup
  • World Cup
  • Challenge Cup
Contact Us on WhatsApp

Connect with us on WhatsApp

CAPE TOWN OFFICE: 36 Old Mill Road, Ndabeni, Maitland, 7405, Western Cape > Telephone: (021) 530 3300 > Fax: (021) 530 3333
©Copyright 2026 SA Rugby magazine

Primary Menu

  • Home
  • Springboks
  • Investec Champions Cup
  • URC
  • Videos
  • Cars
    • Cheap cars for sale
    • Used Cars For Sale
    • New Cars For Sale
    • Demo Cars For Sale
  • Deals
    • One Day Deals
    • Nationwide Deals
      • Deals in Cape Town
      • Deals in Johannesburg
      • Deals in Durban
      • Deals in Pretoria
      • Deals in Port Elizabeth
    • Accommodation Deals
    • Romantic Getaways
    • Food and Drink Deals
    • Experiences
    • Health and Wellness Deals
  • Keo & Zels Show
  • AfricaPicks
×